Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Opvolg: “DA-lid wat bedank versprei leuens oor die party”

28 April 2022

Die DA sê hy is teleurgesteld in die manier waarop die Gauteng Noord-streeksvoorsitter van die DA, Michael Shackleton bedank het.

Die DA se Fred Nel het aan Pretoria FM gesê dat Shackleton leuens versprei het in die redes vir sy bedanking. 

ActionSA het vanoggend in ‘n verklaring aangekondig dat Shackleton uit die DA bedank het en by ActionSA aangesluit het.

LEES OOK: NÓG ‘N DA-LID SLUIT BY ACTIONSA AAN

Die 34-jarige Shackleton het onder meer gesê dat hy bedank het weens die agteruitgang van die DA as ‘n inklusiewe tuiste vir alle Suid-Afrikaners. 

Nel voer aan dat Shackleton nooit die redes vir sy bedanking as bekommernisse gelig het gedurende sy tyd by die DA nie. Hy sê die nasionale lede van die party ondersteun nog altyd die raadslede veral in die Tshwane-metro, so Shackleton se bewerings dat raadslede nie ondersteun word nie, is onwaar.

Nel het in reaksie op Shackleton se uitlating; dat die DA nie meer inklusief is nie, gesê dat dit ver van die waarheid is en meen dit is ironies omdat hy nou by ActionSA aansluit, wat eintlik in kompetisie staan met die DA.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende