My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Opvolg: City Power vind oorsaak van pasgetroudes se dood

18 Junie 2021

Die kragverspreider, City Power het bekend gemaak dat die Johannesburgse egpaar Zaheer Sarang, en sy vrou, Nabeelah Khan, se dood veroorsaak is deur ongemagtigde veranderings wat aan ‘n elektrisiteitskas aangebring is.

Die pas-getroude egpaar is Sondag in hulle stort doodgeskok, slegs ‘n dag nadat hulle teruggekeer het vanaf hulle wittebrood.

LEES OOK: ONDERSOEK BEGIN NÁ PASGETROUDES GLO IN HUIS DOODSKOK

City Power se woordvoerder, Isaac Mangena het vroeër aangedui dat daar vermoed word dat ‘n foutiewe kragkabel weens onwettige koppelings in die gebied moontlik tot die voorval kon gelei het.

Mangena het nou bevestig dat die nutsdiensmaatskappy se ondersoek daarop dui dat ‘n stukkende verbinding en ‘n lekkasie in die gronddraad van die egpaar se woning die voorval tot gevolg gehad het.

‘n Inwoner van die gebied sê onwettige elektrisiteitsaansluitings deur inwoners van ‘n naby-geleë informele nedersetting is al herhaaldelik by City Power aangemeld.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende