16 Augustus 2021
Talle gebiede in die noorde van Pretoria is steeds sonder krag nadat ‘n brand vanoggend by die Rosslyn-substasie ontstaan het.
Die burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste in die Tshwane-metro, Philip Nel sê die brand het omstreeks 10:00 vanoggend uitgebreek, maar is kort daarna geblus.
LEES OOK: ESKOM: “VERMINDER KRAGVERBRUIK WEENS KOUE”
Volgens hom is die substasie in vier sektore verdeel en is slegs een sektor (deel A) deur die brand geraak. Nel sê dit blyk asof panele in sektor A in die brand beskadig is, maar die omvang van die skade word nog ondersoek.
Hy sê Karenpark, Amandasig, Soshanguve, Orchids en omliggende gebiede word geraak.
Nel sê dit is nog nie moontlik om te sê wanneer die kragtoevoer herstel sal word nie, maar hy en sy span sal weer om 17:00 die substasie besoek en inwoners oor die jongste verwikkelinge inlig.
{WATCH} Tshwane Executive Mayor Cllr Randall Williams gives an update on Rosslyn Substation. @tshwane_mayor pic.twitter.com/bLFJ4657pL
— City of Tshwane (@CityTshwane) August 16, 2021
Fire at Rosslyn Substation extinguished and repairs are currently under way. pic.twitter.com/D0mVHOblNw
— City of Tshwane (@CityTshwane) August 16, 2021
Hou Afrikaans op die lug