14 November 2022
Ooggetuies beweer dat die tegnikus – wat moontlik veroorsaak het dat twee vliegtuie op die baanblad van die OR Tambo-Internasionale Lughawe teen mekaar gebots het – óf aan die slaap was óf nie aandag geskenk het aan wat hy doen nie.

Dit volg nadat ‘n Airbus A320 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) teen ‘n stilstaande Boeing 737-800 van FlySafair gebots het terwyl die tegnikus besig was om die Airbus te parkeer.
Volgens die SAL se aanvanklike reaksie het ‘n sleepstang gebreek terwyl die Airbus gesleep is.
LEES OOK: TWEE VLIEGTUIE BOTS BY OR TAMBO
Een ooggetuie van die voorval – ‘n vlieënier wat nie sy naam genoem wil hê nie – sê die operateur van die sleepvoertuig was aan die slaap.
‘n Ander ooggetuie het aangevoer dat die operateur nie aandag geskenk het aan wat hy besig was om te doen nie.
Altwee vliegtuie is uit diens gestel en terwyl FlySafair gesê het dat geen van sy verdere vlugte ontwrig sal wees nie, is dit nie bekend hoe die SAL se vliegrooster hierdeur geraak gaan word nie, aangesien hy weens sakeredding net sewe vliegtuie in diens gehad het voor die voorval.