Opvolg: AfriForum vra dat Eskom nié Pretoria se kragtoevoer sny nie


Luister nou

Volgende

Opvolg: AfriForum vra dat Eskom nié Pretoria se kragtoevoer sny nie

23 Augustus 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum versoek dat Eskom alternatiewe metodes moet ondersoek om gelde vanaf die Tshwane-metro in te vorder eerder as om die krag af te sny.

Die organisasie het vandag hierdie versoek in ’n brief aan Eskom gerig.

Dit volg op Eskom se kennisgewing waarin die nutsmaatskappy dreig om die Tshwane-metro se krag af te sny. Volgens Eskom het die metro versuim om hul ooreenkoms met Eskom na te kom en hul maandelikse betalings te maak.

Luidens ‘n verklaring van AfriForum sal daar drastiese nagevolge wees vir die inwoners van Pretoria, wat wel elke maand getrou hul rekeninge betaal, indien die krag afgeskakel word.

Die metro het ’n agterstallige rekening van R1,6-miljard rand waarvan R68-miljoen reeds aan Eskom betaal is.

Intussen die metro in ‘n verklaring gesê dat die verskuldige bedrag slegs vir Julie is en dat alle vorige skuld reeds vereffen is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Opvolg: AfriForum vra dat Eskom nié Pretoria se kragtoevoer sny nie


Luister nou

Volgende