Opvolg: AfriForum ondersteun Quinton de Kock se besluit


Luister nou

Volgende

Opvolg: AfriForum ondersteun Quinton de Kock se besluit

26 Oktober 2021

Die burgerregteorganisasie, AfriForum sê hy veroordeel Krieket Suid-Afrika (KSA) se direktief waarin alle Protea-spelers gedwing word om die knie te buig, ten sterkste.

LEES OOK: KRIEKET SUID-AFRIKA SÊ SPELERS MOET “KNIEL TEEN RASSISME”

Ingevolge dié direktief moet alle krieketspelers wat Suid-Afrika in die T20 Wêreldbeker wil verteenwoordig, die knie buig. Indien die speler nie die knie buig nie, kan dit daartoe lei dat die speler uit die span gelaat word en sanksies deur KSA in die gesig staar. Ná die aankondiging het die Protea paaltjiewagter, Quinton de Kock aangekondig dat hy nié aan vanmiddag se wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande sal deelneem nie.

AfriForum se bestuurder vir sport, Ronald Peters sê hierdie besluit sal beslis nie die grondwetlike toets in die hof deurstaan nie aangesien dit heelwat regte skend wat deur die Grondwet beskerm word. Hy sê dié regte sluit in die reg op gelykheid en die reg om nie onbillik teen iemand te diskrimineer nie, die vryheid en sekuriteit van die persoon, vryheid van godsdiens, oortuiging en mening, vryheid van uitdrukking, vryheid van assosiasie en die reg om politieke keuses te maak.

LEES OOK: OPVOLG: KSA NEEM KENNIS VAN DE KOCK SE ONTTREKKING VAN WEDSTRYD NÁ RAAD SÊ DAT SPELERS MOET KNIEL

“AfriForum ondersteun die standpunt wat De Kock ingeneem het om op te staan vir sy regte en die reg om te kan besluit watter inisiatiewe hy wil ondersteun. Ons ondersteun verder hierdie besluit omdat die standpunt wat KSA in hierdie geval ingeneem het, onregverdig is en verskeie menseregte skend,” sê Peters.

AfriForum sal met sy regspan vergader oor die pad vorentoe.

https://twitter.com/satoverma/status/1452953288643543043
https://twitter.com/EsotericAbhii22/status/1452953880308817922

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Opvolg: AfriForum ondersteun Quinton de Kock se besluit


Luister nou

Volgende