14 April 2023
SABC 2 en 7de Laan het in ‘n verklaring gesê dat hulle uiters teleurgesteld en bekommerd is oor bewerings op sosiale media dat ‘n 7de Laan-akteur betrokke was by ‘n skietvoorval waarin ‘n 29-jarige persoon doodgeskiet is.
Die polisie het vanoggend bevestig dat ‘n 50-jarige akteur van ‘n Afrikaanse sepie in die Tembisa-hospitaal opgeneem is nadat hy die persoon doodgeskiet het, en toe sy eie lewe probeer neem het.
7de Laan se bestuurders sê in die verklaring dat hulle geen kennis dra oor die betrokke akteur se identiteit nie. Hulle het wel bevestig dat geen huidige akteur van 7de Laan by dié voorval betrokke is nie.
Die span is tans besig om te probeer bepaal wie die akteur is, hoewel sy identiteit nie bekend gemaak sal word totdat hy nie in die hof verskyn het nie. “Die betrokke akteur het glo in verskeie Suid-Afrikaanse sepies verskyn, hoewel die identiteit onbekend is.”
