27 Januarie 2022
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, OPOD, het ‘n strafsaak teen die nasionale polisiekommissaris, generaal Khehla Sitole aanhangig gemaak, weens sy beweerde onbehulpsaamheid na die ondersoek van die moord op die speurder – luitenant-kolonel Charl Kinnear.
Kinnear is in September 2020 buite sy huis in Bishop Lavis, in Kaapstad, doodgeskiet.
Die hoof van OPOD, Jennifer Ntlatseng, het ook ‘n skrywe aan die minister van polisie, Bheki Cele gerig, waarin sy hom meedeel van Sitole se gebrek aan samewerking in dié verband.
OPOD het opdrag gekry om polisiebeamptes se versuim te ondersoek om op ‘n verslag van die Valke op te tree
In die skrywe meld Ntlatseng dat dit vir hulle nodig is dat Sitole sy rol in ‘n aantal ondersoeke moet verduidelik.
Die skrywe meld ook dat Sitole nie op briewe, e-pos, telefoonoproepe of enige ander korrrespondensie reageer nie.