Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

“Opheffing van ramptoestand beteken nié dat kragopgewekking onmoontlik is nie,” sê minister

6 April 2023

Die minister van elektrisiteit Kgosientso Ramokgopa sê die opheffing van die ramptoestand oor die kragkrisis sal nie die regering se pogings om ekstra krag te lewer, belemmer nie.

Ramokgopa sê die regering se pogings om ekstra krag aan te koop gaan soos normaal voort.

Die ramptoestand is gister opgehef, slegs twee maande na president Cyril Ramaphosa dit in sy staatsrede aangekondig het. Die regering sê ‘n deurlopende hersiening het bepaal dat die ramptoestand nie meer nodig is om die kragkrisis op te los nie.

Ramokgopa het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê dat die gemiddelde energiebeskikbaarheid van die kragnetwerk tans op 53% staan. Hy het tydens die konferensie terugvoer gegee oor hoe sake staan by die verskeie kragstasies.

Hy het ook ongelukkig nie goeie nuus vir die winter nie. Volgens hom styg die vraag na elektrisiteit in die winter tot 37 000 MW, teenoor die somer wanneer ‘n gemiddeld van 32 000 MW benodig word.

Volgens Ramokgopa is dit in die winter ook nie altyd moontlik om al die beplande instandhouding te doen nie.

Eskom het vroeër aangekondig dat hy ‘n donkerwinter voorspel met fase 7-beurtkrag wat waarskynlik al in April ingestel kan word. Volgens Eskom sal daar ook nie ‘n dag wees wat beurtkrag nié geld nie.

FOTO: EWN

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende