Openbare deelname kritiek om magswetgewing te stuit


Luister nou

Volgende

Openbare deelname kritiek om magswetgewing te stuit

Nuuskommentaar: 11 Maart 2022

Deur: Johnell van Vollenhoven

Verskeie wetgewing word kort-kort in die staatskoerant gepubliseer soms sonder dat veel notisie daarvan geneem word. Dis net nog ’n dokument met voorwaardes en bepalings wat gevolg moet word en wat deur die wetgewer afgedwing kan word.

Dit is egter nie nét reëls en riglyne op papier wat uiteindelik met groot teenstryd in ’n hof getoets behoort te word nie. Dit moet reeds met eerste publikasie en uitnodiging met erns hanteer word. Ons moet meer deelneem.

Die probleem is egter dat die wetgewer, self slinks, sy publikasies nie op datum laat publiseer nie en hom dan in verskeie gevalle ook nie vreeslik aan prosesse steur nie. Dit moet egter nie ’n afskrikmiddel wees of veroorsaak dat ons blasé hieroor raak nie.

Dit het veral gedurende die Covid-tydperk, met die aankondiging van die ramptoestand, duidelik geraak dat die regering hulleself graag aan mag vergryp. Dat hulle honger is vir beheer en dat hulle poog om alle aspekte van die Suid-Afrikaanse samelewing te sentraliseer. Rasionele denke en billikheid speel geen rol nie en selfs na staatskaping aan die groot klok gehang is, word kaderontplooiing steeds toegepas en miljoene steeds vanuit verskeie regeringsfondse geplunder.

Die voorkombare teenvoeter is deelname aan prosesse waarmee die regering poog om meer beheer uit te oefen. So ’n voorbeeld is die wysigings aan die Skolewet wat onlangs aan die parlement voorgelê is. Hierin poog die regering om mag te verskuif en besluitneming uit die hande van die beheerliggaam – die skool se eie gemeenskap – te neem en dit in die hande van die LUR te plaas. Sonder om die bewoording te verander, maak hulle van alle openbare skole staatskole.

Nog so ’n voorbeeld is die implimentering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Ook, onteiening sonder vergoeding. En die lys gaan aan en aan; wetgewing en die implimentering van stelsels deur die regering wat aan hulle die mag gee om te beheer en inbreuk op die regte van Suid-Afrikaners te maak. Hierdeur word vryheid ontneem en raak landburgers soos pionne – onderhewig aan die skuiwe van die regerende party en dit wat hy graag volgens sy ideologie wil bereik.

Dit is juis daarom dat organisasies en individue kennis moet neem en moet deelneem aan die prosesse wat hierdie wetgewing nog in sy babaskoene kan stuit. Dit is belangrik dat groot lawaai daaroor gemaak word en dat die onreg wat die regering pleeg, deur sy diktatorskap te bevorder in die vorm van wetgewing, aan die groot klok te hang.

Ons moet alles in die stryd werp. Ons moet kommentaar lewer; ons moet daaroor skryf; ons moet daaroor praat. Ons moet Suid-Afrikaners van die bedreiging bewus maak en ons moet die internasionale gemeenskap daarvan inlig. Ons moet by elke geleentheid ’n teenwoordigheid hê en ons moet by elke moontlike geleentheid vrae vra en aanhou druk vir die regte uitkoms.

Om stil-stil weg te raak en net te aanvaar is nie ’n opsie nie. Hierdie land behoort nie aan die ANC en sy kaders nie. Die staatskas is nie hulle beursie nie. Die onderwysstelsel behoort nie aan ’n departement en ’n LUR nie, en die dokters is nie slawe van die staat nie. Ons grond is ons eie, en daarmee saam ook ons denke en ons vryheid.

Ons kan nie toelaat dat ons land verder geplunder word nie. Ons moet opstaan, ons moet aanvat en ons moet ten alle koste keer dat meer mag aan die regering toegeken word. Ons het stemme en ons moet dit gebruik.

Ons moet bewus wees, ons moet deelneem en ons moet veg teen die afdwingbare magsvergrype in die vorm van Wette.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Openbare deelname kritiek om magswetgewing te stuit


Luister nou

Volgende