29 Oktober 2021
Die Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane het onttrek as ‘n kandidaat om as die nuwe hoofregter aangewys te word.
‘n Kortlys van agt kandidate is in September bekend gemaak nadat die voormalige hoofregter Mogoeng Mogoeng afgetree het. Volgens die waarnemende woordvoerder van president Cyril Ramaphosa, Tyrone Seale het dr. Wallace Amos Mgoqi vroeër die maand sy onttrekking aangekondig.
Volgens hom het Mkhwebane gister bevestig dat sy nie meer oorweeg wil word vir die pos nie.
Dit los dan regter president John Hlophe, regter Mbuyiseli Madlanga, die president van die hoogste hof van appél Mandisa Maya, regter president Dunstan Mlambo, advokaat Alan Nelson en adjunk-hoofregter Raymond Zondo oor wat as die volgende hoofregter aangewys kan word.
Stem vir die Aitsa’s