Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

“Opeenhoping van liggame by staatslykshuise kommerwekkend”

2 Oktober 2024

Die VF Plus sê die opeenhoping van onopgeëiste liggame in staatslykshuise landwyd is ‘n rede tot kommer omdat dit druk plaas op die bestaande geriewe.

Volgens onlangse data wil dit voorkom asof daar sowat 3 186 onopgeëiste liggame in die land se 130 staatslykshuise is. KwaZulu-Natal met 1 527, en die Oos-Kaap met 526 blyk die grootste probleemgebiede te wees.

Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor gesondheid, Philip van Staden sê die hoofoorsake hiervoor is gebrekkige identifikasie en naasbestaandes wat bloot nie die oorskot opeis nie. Hy sê onwettige immigrante wat nie geïdentifiseer kan word nie, dra by tot die probleem.

“Ander faktore is die agterstand en vertraging in die vervoer en ontleding van DNS-monsters, swak kwaliteit vingerafdrukke, uitstaande ondersoeke, korrupsie waar naasbestaandes moet betaal om gestorwenes te kry, uitstaande toksikologiese verslae, die vertraging in begrafnisse en verassings weens ʼn tekort aan grafspasie, begrotingstekorte en krematoriums wat nie voldoende funksioneer nie,” verduidelik hy.

Van Staden meen samewerking moet formeel geskied tussen die nasionale regering, rolspelers in die begrafnisbedryf, die departemente van samewerkende regering en tradisionele sake, binnelandse sake en gesondheid, die polisie, die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens asook provinsiale en plaaslike regerings.

Hy sê verder dat bestaande staatslykshuise en krematoriums dringend opgegradeer moet word en nuwes moet gebou word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpIRgvQWUAAJIpG

DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor

Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,

Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Go6hdNIX0AAO0Ry

Herstelwerk by Tembisa-hospitaal sal nie vinnig kan begin nie

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9

Die MK-party besoek Kleinfontein

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)

Pous Franciskus sterf

Ander Nuus Artikels

GpIavQ2WsAAYfFl
EFF-lede betoog oor Orania
E
Die EFF sê “ryk mense moet belas word” eerder as ‘n BTW-verhoging
MK
“Bestaan van kultuurgemeenskappe soos Kleinfontein moet erken word”
GpIRgvQWUAAJIpG
DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor
Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,
Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende