15 November 2023
‘n 20-jarige student aan die Universiteit van Fort Hare is dood nadat ‘n Nyala polisievoertuig tydens die Springbokke se oorwinningstoer in Oos-Londen op 5 November oor haar gery het.
Die student, Minentle Noqhamka van Mbizana het glo tydens die toer op die Nyala, wat die Springbokke begelei het, gespring, maar het afgeval. Die voertuig het toe oor haar been gery.
Die polisiewoordvoerder luitenant-kolonel, Siphokazi Mawisa het bevestig dat Noqhamka se been kort na die voorval net onder die knie geamputeer is.
Die woordvoerder van die departement van gesondheid in die Oos-Kaap, Sizwe Kupelo het vanoggend bevestig dat die student gister oorlede is.
Foto – SAUK