25 April 2023
‘n 32-jarige man van Butterworth in die Oos-Kaap het in die hof verskyn nadat hy met ‘n afgesnyde manlike geslagsorgaan in sy besit gevind is.
Volgens die polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Majola Nkohli is die man verlede Donderdag in die Butterworth-inkopiesentrum met die penis opgemerk waarna hy deur inwoners in hegtenis geneem is. Hulle het hom na die polisie geneem.
Nkohli sê die man het glo na ‘n koper vir dié penis in Butterworth gesoek.
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die geslagsorgaan afgesny is van ‘n 68-jarige man. Die slagoffer is in die hospitaal opgeneem.
Die Oos-Kaapse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nomthetheleli Mene het dié voorval as onmenslik beskryf.