9 Mei 2024
Die Oos-Kaapse Drankraad het ‘n aanbeveling van die Menseregtekommissie (MRK) afgeskiet om ‘n moratorium op die uitreiking van dranklisensies te plaas totdat sy vermoë – om nakoming van lisensievoorwaardes te polisieer – versterk is.
Verlede maand het die bestuurder van die Oos-Kaapse kantoor van dié kommissie, dr. Eileen Carter, ‘n finale ondersoekverslag oor die Enyobeni Taverne-tragedie vrygestel.
Dit het grootliks gehandel oor die stelsel-verwante uitdagings wat met die voorval verband hou. Die kommissieverslag het bevind dat daar onvoldoende afdwinging van drankregulasies deur die raad was.
21 jongmense is op 26 Junie 2022 by die taverne in Scenery Park, Oos-Londen, dood.