6 September 2021
‘n Boer in die Oos-Kaap is tydens ‘n plaasaanval doodgeskiet terwyl sy vrou en seun ernstig beseer is.
Volgens Jason Kümm, die landelike veiligheidsbestuurder van Agri Oos-Kaap is die 55-jarige Werner Buchner in sy rug geskiet en het hy aan sy wonde beswyk.
Die aanvallers het altwee Estelle Buchner – Werner se vrou – se arms gebreek nadat sy haar liggaam as ‘n skild gebruik het om haar man en seun te beskerm.
Die egpaar se seun, Werner junior, is ook tydens die aanval geskiet – en is tans in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy ‘n operasie moes ondergaan het.
Twee selfone en kontant word uit die huis uit vermis.
Estelle kom daarin slaag om hulp te ontbied en boere van die omgewing kon die slagoffers te hulp snel.
Die polisie ondersoek verskeie aanklagtes – waaronder een van moord.
Stem vir die Aitsa’s