31 Januarie 2024
Die EFF sê die party se LP’s wat die staatsrede kan bywoon, sal president Cyril Ramaphosa aanspreeklik hou vir sy mislukkings.
Dit volg nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof gister ’n EFF-aansoek – om die skorsing van ses LP’s wat verlede jaar se staatsrede ontwrig het – van die rol geskrap het.
In November verlede jaar het die Parlement se magte-en-voorregtekomitee die LP’s, – insluitend die partyleier Julius Malema en sy adjunk Floyd Shivambu – beveel om Ramaphosa om verskoning te vra vir die ontwrigting van sy staatsrede in Februarie.
Die EFF het besluit om die parlement se besluit op ‘n dringende basis in die hof te betwis.
Die hof het egter die saak – weens die laat indiening van dokumente – van die rol geskrap.