Oor die verval en hergeboorte van die platteland


Luister nou

Volgende

Oor die verval en hergeboorte van die platteland

Nuuskommentaar: 2 Maart 2022

Deur: Hercules Boshoff

Rondom die draai van die 21ste eeu het dié noemenswaardige omwenteling plaasgevind dat vir die eerste keer in die mens se geskiedenis die groter hoeveelheid van die mensdom verstedelik het. Die belangrikheid van groot stede vir ʼn land spreek vanself. Die infrastruktuur netwerk van ʼn land kom as’t ware in die stad bymekaar en setel die belangrike instellings waarsonder ʼn land nie kan funksioneer nie, ʼn feit wat onderstreep word deur die oorsprong van die woord capital, capitas, wat kop of hoof beteken, en wat ook die versamelpunt van ʼn land se kapitaal is. Die tendens om te verstedelik is in Suid-Afrika nog sterker as in ander lande, enersyds omdat stede meer geleenthede bied, maar andersyds omdat die infrastruktuur in die platteland teen ʼn snelle pas verbrokkel, terwyl die infrastruktuur van die stad sterker weerstand kan bied. Dit stuit mens werklik teen die bors om te beleef hoe ons dorpe agteruitgaan, tot so ʼn mate dat die van ons wat in die platteland grootgeword het, die verval werklik aan die lyf voel.

Desnieteenstaande hierdie gegewe is daar al vir ʼn tyd lank ʼn nuwe tendens wêreldwyd en plaaslik aan die gang om na die platteland trek, gerugsteun deur ʼn invloei van kapitaal, wat in kontras is met die uitvloei daarvan wat so kenmerkend van die verstedelikingsproses is. Die beweging na die platteland word verder bemoontlik deur onder meer die vervanging van sentraal-beheerde infrastruktuur met nuwe tegnologie soos sonkrag, windkrag en 5G wat nuwe moontlikhede vir mense bied om ekonomies-lewensvatbare en minder gejaagde lewens in die platteland te leef. Afgesien van die ekonomiese punte wat hier geopper is, is daar nog ander belangrike punt om te noem wat verband hou met die woord platteland self. Die woord platteland is van Nederlandse herkoms, en verwys letterlik na ʼn gebied buite die stad wat oop en plat is. Hoewel die platteland by ons dikwels nie plat is nie, spreek die standhoudende gebruik van die woord tot ʼn gevoel van kulturele herkoms, ʼn herkoms wat aan die platteland in Suid-Afrika ʼn karakter gee wat onteenseglik deel vorm van die van die land. As as ʼn stad die kop van ʼn land is, dan is die platteland die hartklop. Om hierdie rede is die migrasie uit die stede na die platteland ʼn baie welkome gebeurtenis.

Die trek na die platteland moet allermins as bloot ʼn nostalgiese terugbeweeg opgevat word, ofskoon ʼn rehabilitasie van geskiedenis, kultuur en die natuur rondom hierdie plekkies plaasvind. Dit is ʼn unieke tendens van ons tyd wat verband hou met die opkoms van ʼn nuwe tipe stad waaraan dit gekoppel is, naamlik die wolkstad van die kuberruimte. Burgerskap van die wolkstad is uniek in die opsig dat dit burgerskap op ʼn afstand is, maar nie burgerskap sonder eise nie, eise wat toenemende streng eise begin stel aan sy burgers. Die toekoms van die platteland gaan afhang van die mate waarin bemiddeling tussen die plaaslike en kuberidentiteit kan plaasvind.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Oor die verval en hergeboorte van die platteland


Luister nou

Volgende