30 Augustus 2021
Die geliefde oom Okkie Ferreira in KykNET se Binnelanders sal môreaand op 31 Augustus vir die laaste keer in dié sepie te sien wees nadat die akteur wat hom vertolk het, Ben Kruger op 26 Mei vanjaar oorlede is.
Kruger is in die ouderdom van 64 aan Covid-19-komplikasies oorlede. Huisgenoot berig dat die laaste tonele slegs vyf dae voor sy dood verfilm is.
LEES OOK: HULDE AAN “OOM OKKIE” GEBRING
Kykers het verkeerdelik gedink dat Kruger se laaste episode reeds vroeër vandeesmaand te sien was nadat “Die Trio”, wat uit Kruger, Louis Koster (Germandt Geldenhuys) en oom Wimpie (Paul Lückhoff) opgetree het. Die laaste tonele van Kruger sal egter môreaand op die kassie te sien wees.
Luister hier onder na een van “Die Trio” se opnames.
Hou Afrikaans op die lug