Ontslape Hoërskool Driehoek-leerling kry toekenning vir dapperheid


Luister nou

Volgende

Ontslape Hoërskool Driehoek-leerling kry toekenning vir dapperheid

19 November 2021

“Ons gesin dra hierdie eer op aan elke persoon wat ‘n geliefde daardie dag verloor het, seer gekry het, of nou nog emosionele skade, weens die gebeure op daardie dag, met hulle saamdra.”

Só het Donovan Olckers op sy Facebook-blad geskryf nadat sy ontslape seun, Roydon die presidensiële Orde van Mendi-prys vir dapperheid ontvang het.

Roydon was in matriek toe ‘n beton loopbrug van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark op 1 Februarie 2019 ineengestort het en tot die dood van vier kinders gelei het. Roydon, Jandré Steyn, Marnus Nagel en Marli Curry het daardie dag hulle lewens verloor, terwyl ander leerlinge beseer is.

Roydon het die toekenning ontvang omdat hy twee jonger meisies weggestamp het, voordat die blad self op hom geval het. Sy pa het dié toekenning namens sy seun ontvang. “Dit is ‘n bittersoet oomblik. Ek is trots om die toekenning namens my seun te ontvang, maar hy is nie meer met ons nie.”

Die Orde van Mendi-prys vir dapperheid, is die hoogste eer wat deur die president van Suid-Afrika toegeken kan word.

https://twitter.com/PresidencyZA/status/1461275169901748227

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Ontslape Hoërskool Driehoek-leerling kry toekenning vir dapperheid


Luister nou

Volgende