10 Oktober 2022
Die polisie in Johannesburg het op die liggame van ses vrouens afgekom, in ’n paneelklopper-werkswinkel in die middestad.
Die grusame fonds is gemaak deur ’n veiligheidsbeampte wat iets onwelriekend geruik het toe hy verby die werkswinkel geloop het.
Die polisie is toe na die werkswinkel ontbied, en die liggaam van ’n slagoffer is toe in een van die kamers gevind.
Volgens die polisiewoordvoerder Brenda Muridili is ’n 21-jarige verdagte in hegtenis geneem na die eerste liggaam gevind is.
Hy was die laaste persoon wat op 2 Oktober saam met die vrou gesien is. “Na die verdagte ondervra is, het die polisie terug gegaan na die werkswinkel en nog vyf liggame buite die gebou gevind” het Muridili gesê.
Die liggame van die vyf ander slagoffers was reeds besig om te ontbind.
“Die liggame sal nou gestuur word vir forensiese ondersoeke om die identiteit van die slagoffers vas te stel” sê Muridili.
Die verdagte staar ses klagte van moord in die gesig. Die slagoffers is almal vermoedelik sekswerkers.