My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Ons verdien beter as dit

Nuuskommentaar: 6 Julie 2023

Deur: Hannes Noëth 

Met die wydverspreide nuus van die blouligbrigade wat amok saai op die snelweg en mense warm onder die kraag het, die plaasaanvalle van Junie wat nog te helder voor oog is, rentekoerse wat weer gestyg het en die ekonomie wat stotterend sukkel en nie gegroei kry nie moet ons mekaar daaraan herinner, as inwoners van hierdie land – ons verdien beter as dit. 

‘n Mens raak die konteks waarin ‘n mens leef maklik gewoond en begin selfs ongewone dinge as gewoon aanvaar.  Die realiteit is dat die burgerlike samelewing in hierdie tyd van ons huidige konteks so ‘n bietjie moet selfondersoek doen en hard en duidelik moet sê:  ons aanvaar dit nie. 

Ons aanvaar dit nie – ons verdien beter as dit:

Ons aanvaar nie die gesukkel met krag en nou ook water nie. 

Ons verstaan nie hoe ‘n stadsraad agter raak met eie betalings nie.

Ons wil nie al meer slaggate beleef en sien nie.

Dit is nie vir logies dat soveel geld in korrupte sakke ingaan nie.

Die agteruitgaan van ons reg-, medies en veiligheidstelsel maak ons nie gemaklik nie.

Ons wil nie oor ons skouers loer vir metro-polisie wat intimideer en bedrieg nie.

Ons kan nie mure al hoër bou, sekuriteit al meer maak en meer en meer alarms installeer nie. 

Uiteraard sou ons hierdie lys radikaal kan uitbrei en die negatiewe dinge kan uitlig en bespreek, letterlik op alle vlakke van ons menslike bestaan in al ons gemeenskappe van die straat waarin ons woon tot nasionaal landwyd.  Die wortel hiervan moet aangespreek word, naamlik vrot en korrupte regerings, swak leierskap en die onvermoë om hierdie uitdagings aan te spreek. 

Daarom is dit juis belangrik wanneer ‘n mens hierdie dinge oordink om sterk die krag van gemeenskappe te beklemtoon. Ons mag nie ons negatiewe konteks gewoond raak nie, ons mag ook nie al minder doen nie en nog minder mag ons onttrek.  Ons moet nou juis gemeenskappe aktiveer om al meer na hulle self om te sien, al minder te verwag van sukkelende strukture en al meer strukture self te bou. 

Dit is tyd vir ‘n burgerlike samelewing om op te staan en te sê ons aanvaar dit nie, ons verdien beter as dit.  As ons in sak en as sit en niks aan ons situasie en konteks verander nie, is dit asof ons aanvaar wat ons kry is wat ons verdien.  Ons moet vroeër as later begin en ons gemeenskappe sterker maak, meer as minder en kragtig as ooit.  Gegewe die vrot posisie waarin ons bestuur word, waar nie verantwoordelikheid gevat word nie en waar letterlik elke gebied van die samelewing verkrummel en versplinter is ons keuses nie baie nie:  Laat die golwe van negatiewe nuus ons oorspoel of gee alles wat ons het om ons eie gemeenskappe te bou tot ‘n sterker toekoms. 

Gaan lê kan ons nie.  Daarom moet ons kragtig opstaan. Kragtig saamwerk. Kragtig saamdink. Ons verdien nie wat ons tans kry nie. Daarom moet ons werk aan ‘n beter toekoms.  Ons self.  Niemand anders gaan dit vir ons doen nie. 

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende