Die minister van arbeid en werkskepping, Nomakhosazana Meth sê dat transformasie in die kele afgedwing sal word van diegene wat in die vorige bedeling voordeel daaruit getrek het. Die nuusdiens Netwerk24 berig dat Meth in die parlement gesê het dat die bevolking van die land uit ‘n meerderheid van swart, bruin en Indiër-mense bestaan en dat dit nie regverdig is dat wit mans besluite oor die ekonomie neem nie. Meth het gereageer op ‘n toespraak van die VF Plus se Heloïse Denner, waarin sy gesê het dat werkloosheid ‘n groot bedreiging vir die land inhou. Die minister het Denner daarvan beskuldig dat haar opmerkings op haar haat vir transformasie dui. Denner het onder meer in haar toespraak gesê dat die ANC se fokus op gelyke uitkomste bo gelyke geleenthede armoede en werkloosheid vererger. Denner meen die VF Plus erken die potensiaal van industrialisering en handel om ordentlike werk en sosiale geregtigheid in Suid-Afrika te bevorder, maar waarsku dat die ANC se huidige beleid en benadering hierdie ideaal ondermyn. |
5 Responses
Net nog n 35% slaag syfer kandidaat.
die van sê alles…..
Met ‘n helse minderwaardigheidsgevoel boonop.
Daardie arrogante uitdrukking op haar gesig, getuig van wit-haat!
Sy wil mense “straf” wat lankal oorlede is, maar sodoende laat sy die huidige bevolking swaar kry. Eish…