Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

“Ons sal nié saam met die DA werk nie,” sê ANC

25 April 2023

Die ANC sal nie saam met die DA werk, indien daar na volgende jaar met ander partye in ’n koalisie gegaan moet word nie.

Die party se sekretaris-generaal Fikile Mbalula het vandag die media toegespreek na afloop van die party se vier dag lange Nasioanle Uitvoerende Komitee (NUK) vergadering.

Die party het breedvoerig gesels oor die moontlikheid van ’n nasionale koalisieregering, na afloop van volgende jaar se verkiesing.

“Die ANC sal saam met vryheidsbewegings, klein partye, gemeenskapsforums en onafhanklike kandidate werk. Partye wat giftig is sal nie oorweeg word nie” het Mbalula gesê.

Hy sê die ANC mag dalk ideologiese verskille hê met van die partye waarmee hy sal saamwerk, maar die ANC sal dit steeds oorweeg om met partye saam te werk, solank dit in die openbare belang is.

“Dit behoort enige vrae oor samewerking met die EFF te antwoord. Ons sal saam met die EFF werk”, het Mbalula bygevoeg.

Die party hoop om egter steeds ’n volstrekte meerderheid te haal, en nie hoef staat te maak op samewerking met ander partye nie.

Waar koalisies egter genoodsaak word, wil die ANC hê dat daar seker voorwaardes gestel moet word.

“Koalisieooreenkomste moet openbaar gemaak word, en moet in die gemeenskappe versprei word. Die party met die meeste stemme moet die koalisie lei, en ander poste moet proporsioneel verdeel word volgens die hoeveelheid stemme wat ’n party ontvang het.” het Mbalula gesê.

Volgens hom moet wetgewing ook so gewysig word dat die amptenare van munisipaliteite geisoleer word van politieke onstabiliteit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende