17 Maart 2023
President Cyril Ramaphosa het óók sy mening gelug oor die beplande EFF staking, en sê wetstoepassingsagentskappe sal nie anargie en wanorde toelaat komende Maandag nie.
Ramaphosa sê die enigste manier waarop ‘n regime verandering sal plaasvind, is deur middel van die stembus, en nie deur anargie nie.
Die EFF eis onder meer dat die president onmiddelik moet bedank, en meen ‘n dringende oplossing aan die land se kragkrisis moet gebring word.
Ramaphosa het die eendagstaking afgemaak as ‘n verkiesingsfoefie deur die EFF. Die party se leier, Julius Malema het vroeër vandeesweek tydens ‘n mediakonferensie gesê dat sy lede ‘n vreedsame staking sal hou, maar indien iemand hulle wil keer sal daar weerstand kom.
Die vakbond, Solidariteit het ‘n beroep op sy lede gedoen om steeds werk toe te gaan en om nie toe te laat dat die EFF vrees saai nie.