24 Maart 2023
Die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu het benadruk dat die regering daartoe verbind is om watersekerheid teen 2030 te verbeter.
Mchunu het ‘n toespraak gehou by die Verenigde Nasies se Waterkonferensie wat die afgelope paar dae in New York gehou is. Volgens hom is die regering se doel ook om sanitasie geriewe vir landsburgers te verbeter.
Die doel van die konferensie was om verskeie lande se insette te kry om te verseker dat daar genoeg water wêreldwyd is vir nou en die toekoms. Mchunu het erken dat Suid-Afrika ‘n water-skaars land is, maar dat die regering kyk na planne om die water wat hier wel is, spaarsaam te gebruik.
Hy sê alle afdelings van die regering en burgerlike organisasies werk saam om te verseker dat krane nie leeg loop nie.
"We are in the process of finalising a legislative process on climate change bill that seeks to coordinate and harmonise the development of effective climate change responses and long term transition to low-carbon and climate resilient economy and society. #UNWaterConference2023
— Water&SanitationRSA (@DWS_RSA) March 23, 2023