Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Onluste wys waarom die wapenwet gestop moet word, sê Vrystaat Landbou

22 Julie 2021

Vrystaat Landbou sê in ‘n verklaring dat die onlangse onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng opnuut gewys het waarom die vuurwapenwet gestop moet word. 

Die vise-president van Vrystaat Landbou, Tommie Esterhuyse sê die organisasie doen weereens ‘n beroep op die publiek om kommentaar op die Wysingswet op Vuurwapenbeheer te lewer. 

Hy meen die onlangse gebeure in die twee provinsies, tesame met President Cyril  Ramaphosa se erkenning dat die staat onvoorbereid was om die grootskaalse plundering en beskadiging van eiendom aan te spreek, het weereens die klem op die reg tot selfverdediging geplaas.

LEES OOK: VUURWAPENS: VOORGESTELDE WYSIGING WYD GEKRITISEER

Esterhuyse meen in talle gevalle was dit gemeenskapslede uit alle kulture wat telkens die laaste versperring tussen grootskaalse plundering en vernietiging in hul gemeenskappe was.

“Dit is aanduidend van die belangrikheid van die publiek se vermoë om in
selfverdediging te kan optree en in daardie opsig maak die voorgestelde wysiging wat vuurwapenlisensiëring vir selfverdediging doeleindes wil verwyder, hoegenaamd nie sin nie.”

LEES OOK: AFRIFORUM: “ANC SE STILSWYE OOR EIE VUURWAPENS DUI OP DUBBELE STANDAARDE”

Daar is tyd tot 2 Augustus 2021 om skriftelike kommentaar in te dien. VL het ’n veldltogblad beskikbaar gestel vir submissies teen hierdie wet. Die submissies wat op hierdie blad gemaak word sal aan die parlement oorhandig word.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende