Die onluste en plundery in KwaZulu-Natal en Gauteng het aanleiding gegee tot ‘n geskatte vyf kilometer-lange ry vragmotors by die Beitbrug-grenspos in die verre noorde van die land.
Volgens vragmotorbestuurders word hulle opgehou deur vragmotors wat nie die grens kan oorsteek nie aangesien hulle wag vir dokumentasie van die onderskeie maatskappye.
Die betrokke maatskappye – wat se kantore in die brandpuntgebiede is – moes egter inderhaas hulle deure toemaak om te verhoed dat hulle plunderaars ten prooi val, en is gevolglik nie in staat om die nodige dokumentasie deur te stuur nie.
‘n Beduidende aantal vragmotorbestuurders het ook aangedui dat hulle onderweg na KwaZulu-Natal was en nou maar by die grenspos wag vir nuwe instruksies waar om heen te ry met hulle vrag.
Hou Afrikaans op die lug