13 Julie 2021
Talle winkels – onder andere Makro, sommige banke, Clicks en Builders – het tydelik van sy winkels se deure gesluit te midde van grootskaalse plundery in veral KwaZulu-Natal en Gauteng.
Makro, wat veral in KwaZulu-Natal deurgeloop het, het omstreeks 13:00 vanmiddag sy deure gesluit. Die winkelgroep het op sy Twitter ook gesê dat aanlyn-bestellings vertraag kan word weens die betogings.
Builders Warehouse, wat aan Massmart behoort (wat ook Makro besit) het aangekondig dat al sy winkels in KwaZulu-Natal gesluit word.
Update – Important notice! pic.twitter.com/J53Q1YXpvT
— Makro South Africa (@Makro_SA) July 13, 2021
Die apteekgroep, Clicks het ook gesê dat van sy winkels landwyd gesluit word tot verdere kennisgewing.
Clicks het teen vanmiddag 110 winkels in KwaZulu-Natal en 130 winkels in Gauteng gesluit. Landwyd is 279 winkels gesluit en 52 is beskadig.
Ngl, I would’ve relished in a dischem/clicks looting https://t.co/OMI4idUZ0c
— Casanova (@bewater____) July 12, 2021
Dis-Chem het al sy inentingslokale in KwaZulu-Natal en sommiges in Gauteng gesluit te midde van die betogings. Sommige van sy winkels is ook toe.
Due to the violence and protest action our KZN stores will remain closed until further notice. Some stores in Gauteng have also been affected. Please refer to our website for details: https://t.co/UnKljaCUcV pic.twitter.com/Z8ID3MhhNT
— Dis-Chem (@Dischem) July 13, 2021
Pick n Pay het ook ’n aantal winkels in KwaZulu-Natal en Gauteng gesluit. Die Pick n Pay Polly Shorts in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is onder meer geplunder en in ’n brand beskadig.
Verder het die selfoon-diensverskaffer, MTN bevestig dat meeste van sy winkels in KZN gesluit is tot verdere kennisgewing.
Die meeste bankgroepe het ook tydelik sy takke toegemaak.
Please click on the link below to view the Absa branches that have been temporarily closed amidst the unrest. https://t.co/do90q5TyVg https://t.co/HPuaf0TXFR
— Absa South Africa (@AbsaSouthAfrica) July 13, 2021
Hou Afrikaans op die lug