Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Onluste: Skade in KZN op ongeveer R20-miljard beraam

20 Julie 2021

Die waarnemende minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni sê die regering se belangrikste prioriteit is nou om die ekonomie te herbou en stabiliseer ná die afgelope paar dae se onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Volgens haar is die polisie en die weermag steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag al is daar die afgelope 24 uur géén gevalle van plundery of geweld aangemeld nie.

Ntshavheni sê die polisie se veldtog om gesteelde goedere terug te kry, werp ook vrugte af.

Hofsake

Wat hofsake betref, het meer as 200 verdagtes van plundery tot dusver in Gauteng in die hof verskyn. Van dié persone is reeds op borgtog vrygelaat.

Ntshaveni sê drie verdagtes, wat aanklagte van aanhitsing tot geweld in die gesig staar het ook reeds in die hof verskyn en sal in aanhouding bly totdat hulle om borgtog kan aansoek doen.

“Een verdagte het homself gister in Durban aan die polisie oorhandig. Hy sal môre in die landdroshof verskyn.”

Ekonomie hervat

Sy het verder ook bevestig dat die N2 en N3-snelweë weer soos normaal bedryf word nadat dit sowat 10 dae gelede gesluit moes word. Teen Sondagoggend het nagenoeg 100 vragmotors per uur sleutelpunte op dié paaie verbygesteek.

Volgens Ntshaveni het kettingwinkels in KwaZulu-Natal en Gauteng ook bevestig dat die voorraad van kos en ander produkte ook meestal terug na normaal is.

Meeste van die inkopiesentrums, wat deur plunderaars geteiken is het ook weer hulle deure heropen.

Skade

Volgens haar word die skade aan eiendom in KZN op ongeveer R20-miljard beraam. Dit sluit die skade aan 161 winkelsentrums, 11 pakhuise, agt fabrieke en 161 drankwinkels- en verspreiders in. “‘n Totaal van ongeveer 3000 winkels in dié provinsie is geplunder. Dit sluit 90 apteke in.”

1480 outomatiese banktellers en 300 banke en Poskantore is ook beskadig.

Sy sê dié impak van die onluste gaan nog lank gevoel word. “150 000 poste en werksgeleenthede is in gedrang.” Die skade in Gauteng moet nog bepaal word.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende