Onluste: Peperduur, gesteelde leerbank gevind; een stuk steeds weg


Luister nou

Volgende

Onluste: Peperduur, gesteelde leerbank gevind; een stuk steeds weg

27 Julie 2021

Die blou, egte, leer hoekbank ter waarde van ongeveer R68 000, wat tydens die onlangse plundery by die Leather Gallery in Springfield in Durban gesteel is, is glo gevind – maar een van sy stukke is weg.

‘n Foto van dié peperduur bank in ‘n informele nedersetting, is te midde van die onluste vroeër vandeesmaand op sosiale media gedeel nadat dit gesteel is.

Die Leather Gallery het toe ‘n beloning aangebied vir die persoon wat die stel kan opspoor. 

Volgens Times Live het die polisie dié bank gister in stukke opgespoor. Die Leather Gallery het nou weer ‘n beloning aangebied – die keer vir die stuk wat die hoekstel volledig sal maak.

Die bank is tans by die Sydenham polisiestasie in Durban. Die eienaar van die winkel, Greg Parry het aan Times Live gesê dat dié bank in ‘n slegte toestand is omdat dit lyk asof die bank die afgelope twee weke in die wind en weer gestaan het.

Die bank. Omkring is sy vermiste stuk.
Die bank nadat dit gevind is.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Onluste: Peperduur, gesteelde leerbank gevind; een stuk steeds weg


Luister nou

Volgende