14 Julie 2021
Die DA sal vandag klagte van aanhitsing tot geweld lê teen oud-president Jacob Zuma se kinders Duduzile, Edward en Duduzane Zuma, asook teen die EFF-leier, Julius Malema.
Die DA se skaduminister van justisie Glynnis Breytenbach sê dié vier het mense op sosiale media aangehits om geweld te pleeg en deel te neem aan die grootskaalse betogings en onluste.
Sy sê hulle het invloed op sosiale media, en moes die geweld veroordeel, nie aanhits nie.
Betogings deur Zuma-ondersteuners het aanvanklik verlede Vrydag in KwaZulu-Natal begin teen sy skuldigbevinding en gevangenisstraf van 15 maande in die Estcourt tronk.
Dit het egter vinnig na onluste in KZN en Gauteng oorgegaan met honderde inkopiesentrums, wat verwoes en geplunder is. Tot dusver is 1 234 mense in hegtenis geneem (683 in Gauteng en 549 in KwaZulu-Natal).
72 mense is dood.
Hou Afrikaans op die lug