Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Onluste: Burgemeesterskandidaat vas weens beweerde aanhitsing

16 Julie 2021

Polisie in Gauteng het ‘n burgemeesterskandidaat in Roodepoort in hegtenis geneem nadat hy na bewering mense aan die Wes-Rand aangehits het om geweld te pleeg.

Die polisie het inligting opgevolg en die draad van kommunikasie nagespoor tot by ‘n toestel wat aan die verdagte behoort.

Daar is beslag gelê op die toestel waarop die oorspronklike boodskap glo opgeneem is.

Die inhegtenisname volg op die afgelope week se onluste en plundering wat in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het.

Die verdagte se naam is nog nie bekend gemaak nie. Die waarnemende minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni het gister tydens ‘n mediakonferensie gesê dat 12 vermeende aanhitsers geïdentifiseer is.

Dit is egter nie bekend of die burgmeesterskandidaat deel van dié groep is nie.

Intussen het president Cyril Ramaphosa ook vroeër vandag tydens ‘n besoek aan Durban gesê dat die polisie op die spoor van beweerde opstokers is. Hy meen dit is duidelik dat dié onluste beplan is.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende