24 Augustus 2021
Die Suid-Afrikaanse Spesiale Risiko Versekeringsvereniging (SASRIA) het sy beraming opwaarts aangepas en verwag dat die skade – wat deur verlede maand se onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng aangerig is – tussen R19-miljard en R20-miljard gaan beloop.
Dit is byna drie keer meer as SASRIA se aanvanklik raming van nagenoeg R7-miljard.
Die vereniging sê hy beoog om reeds R2-miljard se eise teen die einde van die week uit te betaal.
Cedric Masondo, die vereniging se besturende direkteur, sê hulle wil alle geldige klein- en medium-eise binne die volgende ses weke uitbetaal.
Die vereniging het R10-miljard beskikbaar terwyl die res van die skade deur onderskrywers en her-versekeraars gedra sal word.
SASRIA – wat in 1979 gestig is – bied dekking teen skade wat tydens onluste, openbare oproer en wanorde aangerig word.
Hou Afrikaans op die lug