26 Februarie 2024
Die departement van binnelandse sake stel ondersoek in oor ‘n weermaggeneraal wat – volgens sy identiteitsnommer – die afgelope paar jaar vier jaar “jonger” geword het.
Brigadier-generaal Vuyo Luke – die inspekteur-generaal van die SAGD – se identiteitsnommer is in 2015 op die weermag se personeelstelsel verander met die gevolg dat hy vier jaar langer in diens was en gevolglik aan die einde van dié maand – wanneer hy aftree – op ‘n groter pensioen kan aanspraak maak.
Verlede jaar het fluitjieblasers die minister van verdediging gevra om die kwessie dringend te ondersoek voordat sy pensioen aan hom uitbetaal word, maar die ondersoek het op die oog af ‘n stille dood gesterf.
Dit kan moontlik wees omdat die afdeling waaroor Luke beheer uitoefen juis die afdeling is wat met sulke ondersoeke werk.
Luke het by navraag gesê die verwarring met sy ID-nommers het in 1994 begin toe hy as voormalige uMkhonto weSizwe-lid terug gekeer het uit die destydse Swaziland as banneling.