Onderwysposte: Solidariteit rig waarskuwing oor afleggings


Luister nou

Volgende

Onderwysposte: Solidariteit rig waarskuwing oor afleggings

4 Oktober 2024

Solidariteit waarsku teen ‘n nasionale krisis indien onderwysers in groot getalle afgelê sou word weens onderwysdepartemente se begrotingstekorte.

In ʼn skrywe aan die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê Solidariteit hy verwag dat alles moontlik gedoen sal word om só ʼn situasie af te weer.

Die hoof van die Solidariteit Onderwysernetwerk, Johan Botha sê dit was bemoedigend om te hoor afleggings word wel nie onmiddellik beplan nie, maar kommer heers nogtans oor planne om die vul van onderwysposte  te staak.

“Ons waarsku dat selfs die onwilligheid om poste te vul ʼn groot uitwerking op bestaande onderwysers se dagtaak sal hê. Onderwysers moet immers reeds met ʼn hoë werkslading byhou en dit sluit administratiewe werk, ekstra klasse en buitemuurse aktiwiteite soos sportafrigting in.”

Hy sê Solidariteit sal alles in sy vermoë doen om die werk en welstand van sy lede in die onderwys te beskerm.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Onderwysposte: Solidariteit rig waarskuwing oor afleggings


Luister nou

Volgende