Onderwysers getuig oor moord op drie Dickason-dogtertjies


Luister nou

Volgende

Onderwysers getuig oor moord op drie Dickason-dogtertjies

21 Julie 2023

Lauren Dickason (42) se verhoor het vanoggend, Nieu-Seelandse tyd, in die hooggeregshof in Christchurch voortgeduur.

Dickason word daarvan beskuldig dat sy haar dogters, die 6-jarige Liané en tweeling Maya en Karla (2) omstreeks 20:30 op 16 September 2021 in Nieu-Seeland vermoor het, ‘n maand nadat die gesin vanuit Suid-Afrika na Timaru geëmigreer het.

LEES OOK: POLISIE GETUIG OOR TONEEL WAAR DRIE DICKASON-DOGTERTJIES VERMOOR IS

Vandag was die vyfde dag van die verhoor. Haar man Graham het reeds vanuit Suid-Afrika getuig asook kennisse van die gesin, paramedici en polisie. Onderwysers by die kinders se nuwe skool in Timaru het vanoggend getuig.

Die dag van 16 September 2021 was die tweeling se eerste dag in die betrokke skool. Dit was Liané se tweede dag. Volgens die onderwysers het hulle nog nie die gesin goed geken nie, maar meen die kinders was energiek en daar was niks aan Lauren se gedrag wat hulle laat dink het dat die kinders onveilig is nie.

LEES OOK: “EK HET NÓÓIT GEDINK HAAR DREIGEMENTE SOU ‘N WERKLIKHEID WORD NIE,” SÊ GRAHAM DICKASON IN HOF

Die adjunkhoof van die Timaru Christian School, Grant Phillips het in sy getuienis gesê dat hy (ook ‘n Suid-Afrikaner) en sy vrou die aand van 14 September die gesin by hulle huis besoek het voordat Liané die volgende oggend met skool begin het. Hy sê Lauren het aan hom vertel dat sy deur ‘n moeilike afgelope twee weke is, en dat sy gespanne voel.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Onderwysers getuig oor moord op drie Dickason-dogtertjies


Luister nou

Volgende