Onderwyseres, wat matriekvraestelle gemerk het, is dood na sy glo struikel


Luister nou

Volgende

Onderwyseres, wat matriekvraestelle gemerk het, is dood na sy glo struikel

4 Desember 2024

‘n Onderwyseres, wat besig was om IsiXhosa matriekeindeksamen-antwoordstelle by die Alberton-nasiensentrum te merk, is dood nadat sy glo geval en haar kop gestamp het.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane sê volgens berigte het die onderwyseres gisteraand geval nadat sy die nasiensentrum verlaat het. Sy het glo haar kop teen ‘n paal gestamp.

Hy sê die 50-jarige vrou is na die hospitaal gehaas, maar is later dood verklaar terwyl sy mediese behandeling ontvang het.

Volgens Chiloane is beraders vandag by die Alberton-nasiensentrum om ondersteuning te bied. Hy sê die onderwyseres se bydrae tot die onderwys is van onskatbare waarde.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Onderwyseres, wat matriekvraestelle gemerk het, is dood na sy glo struikel


Luister nou

Volgende