Onderwyser tydens rooftog by motorhandelaar doodgeskiet


Luister nou

Volgende

Onderwyser tydens rooftog by motorhandelaar doodgeskiet

5 April 2022

‘n Onderwyser van Polokwane/ Pietersburg is gistermiddag (4 April) doodgeskiet toe hy op ‘n rooftog by ‘n BMW-handelaar ingeloop het. 

Die polisiewoordvoerder in Limpopo, brigadier Motlafela Mojapelo, sê een van die rowers het homself voorgegee as ‘n kliënt wat ‘n motor wil koop.

Die rower het ‘n vuurwapen uitgepluk en op ‘n personeellid gerig toe die die 57-jarige Muofhe Levwimbe, onbewus van die omstandighede by die handelaar, ingestap het om sy motor vir ‘n diens te bring.

Levwimbe is op kort afstand geskiet en later op die toneel dood verklaar. 

Die 33-jarige rower het met ‘n goue BMW weggejaag, maar is kort daarna deur die polisie vasgetrek. 

Die verdagte sal binnekort in die landdroshof in Polokwane op aanklagte van moord, gewapende roof, motordiefstal en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie verskyn.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Onderwyser tydens rooftog by motorhandelaar doodgeskiet


Luister nou

Volgende