11 Julie 2022
Die vakbond, Solidariteit het bekendgemaak dat hy ʼn saak – wat oor ‘n vals beskuldiging van rassisme gehandel het – namens een van sy lede gewen het.
Dit volg nadat Anneke Smit, ʼn onderwyser, in September verlede jaar van rassisme beskuldig, geskors en onbillik afgedank is.
Volgens die uitspraak moet Smit tien maande se skadevergoeding ontvang en mag sy op 1 Augustus as onderwyser terugkeer skool toe.
Die organiseerder van die onderwyssektor by Solidariteit, Anlia Archer sê die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het detyds haar appèlaansoek persoonlik van die hand gewys.
In die betrokke geval is Smit se gebruik van die woord “polisiemannetjie” glo verkeerdelik vertaal as “Police Monkey” en is sy gevolglik van rassisme beskuldig.
“Dit is verregaande dat ʼn onderwyser se lewe en werk onder haar uitgeruk is bloot omdat ʼn vals klag van rassisme teen haar aanhangig gemaak is.” sê Archer.