13 Oktober 2023
‘n Onderwyser is dood en verskeie mense beseer in ‘n mesaanval by ‘n openbare skool in Arras, in die noorde van Frankryk.
Volgens ‘n susterstasie van CNN, BFMTV, het die aanval omstreeks 11:00 vanoggend by die Gambetta Hoërskool plaasgevind.
Die Franse minister van binnelandse sake, Gerald Darmanin, sê die aanvaller is deur die polisie in hegtenis geneem.
Ooggetuies voer aan dat die verdagte “Allahu Akbar” tydens die aanval geskree het.
https://twitter.com/BabakTaghvaee1/status/1712781398547869806