17 Januarie 2022
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, sê die departement van basiese onderwys het aangedui dat hy nie dié organisasie se dringende aansoek teen te staan, rakende die departement se besluit om nie die 2021-matriekuitslae in die media te publiseer nie.
Die Departement se aankondiging volg nadat AfriForum, Maroela Media en Anlé Spies – ’n 2021-matrikulant – Vrydag hofstukke beteken het aan, onder andere, die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, om die department se skielike besluit – om nié die matriekuitslae in die media te publiseer nie – op ’n dringende basis in die hof teen te staan.
LEES OOK: AFRIFORUM GAAN DEPARTEMENT SE BESLUIT OOR PUBLIKASIE VAN MATRIEKUITSLAE IN HOF TEENSTAAN
Die aansoek sal Dinsdag (18 Januarie) in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word voordat die matriekuitslae op 20 Januarie bekendgemaak word.
Die bestuurder vir onderwysregte by Afriforum, Natasha Venter, sê hulle is Dinsdag in die hof om te vra dat daar nie weggedoen moet word met die tradisie om uitslae te publiseer nie.