29 Februarie 2024
Die Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane, sê dit is nie waar dat die departement versuim om infrastruktuur by skole te onderhou nie.
Sy uitspraak kom nadat ’n groep graad ses-leerlinge aan die Umthambeka Primêre Skool in Tembisa beseer is toe ’n plafon in hul klaskamer op hul koppe geval het.
Chiloane sê die departement ondersoek die voorval en dat daar ook ‘n aantal ander skole is wat geoormerk is vir opknappingswerk. Hy sê die Umthambeka Primêre Skool sal ook dringend opgeknap word.
Ouers en onderwysers – wat aan verskillende skole in dié buurt verbonde is – sê dat gebrekkige instandhouding ‘n algemene verskynsel is en dat dit lei tot ‘n gebrekkige onderwysstelsel.
Die EFF se Naledi Chirwa-Mpungose meen die departement het fondse misbruik wat gebruik moes word vir instandhouding.