Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Onderwysdepartement mislei oor BELA, sê AfriForum

12 Maart 2024

Die burgerregteorganisasie, AfriForum meen die departement van basiese onderwys moet nié die publiek se intelligensie onderskat of hulle verder moet probeer mislei nie.

Dit kom in reaksie op ‘n verklaring deur die departement wat gister uitgereik is. In die verklaring meen die departement dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, die sogenaamde BELA-wetsontwerp, geen agenda teen ’n spesifieke taal het nie, maar juis moedertaalonderrig en beter skolebestuur sal bevorder.

Volgens AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey, het verskeie ANC-lede op provinsiale en nasionale owerheidsvlakke al telkemale uitdruklik gesê dat die bestaan van enkelmedium Afrikaanse skole onaanvaarbaar is.

“Openbare skole getuig deurentyd van departementele druk om te verengels, al is dit herhaaldelik bewys dat dubbel- of parallelmedium onderwysinstellings in die land uiteindelik eentalige Engelse instellings word.”

Bailey meen dat die departement waarskynlik geskok is deur die groot aantal individue en instellings wat standpunt teen die BELA-wetsontwerp indien en in hulle voorleggings die departement se mislukkings op vele terreine uitwys.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende