Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Onderwysdepartement gevra oor stelling dat entstofregistrasie “verpligtend” is

4 Mei 2021

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hul soek meer duidelikheid by die departement van basiese onderwys oor die stelling wat dié departement in ’n mediaverklaring gemaak het dat ouers en voogde van leerders verplig sal word om te registreer as deel van die departement van gesondheid se inentingsprogram.

Die bestuurder vir onderwysregte by AfriForum, Natasha Venter sê die organisasie is nie gekant teen die toediening van die entstof nie, maar meen dit behoort egter elke persoon se keuse te wees of hy/sy, asook sy/haar kinders, ingeënt wil word.

Volgens Venter het president Cyril Ramaphosa herhaaldelik benadruk dat niemand verplig sal word om ingeënt te word nie, maar meen die departement se stelling oor verpligte registrasie vir die inentingsprogram strook nie hiermee nie.

Sy sê die organisasie wil onder meer by die departement weet wat die doel van die registrasie is, of ouers en voogde verplig gaan wees om te registreer en of leerders by openbare skole gedwing sal word om die entstof te kry.

Volgens Venter dui alle navorsing daarop dat kinders en jongmense die simptome van die virus minimaal indien enigsins ervaar.

Sy meen dit maak dus nie redelikerwys sin dat só ’n register nodig is nie.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende