5 April 2024
Die departement van basiese onderwys in Gauteng het sy sogenaamde ondersoek na bewerings van rassisme by ‘n Curro skool afgehandel.

Die skool is vroeër die week op sosiale media van rassisme beskuldig, na foto’s die rondte gedoen het waar ‘n swart leerling as ‘n kassier agter ‘n kasregister uitgebeeld is. Die foto’s is geneem as deel van die skool se beroepsdag.
Die departement van basiese onderwys in Gauteng het bevind dat die voorval plaasgevind het by ‘n skool in die Wes-Kaap, en dat dit dus buite sy jurisdiksie val.
Die departement sê ook Curro het verduidelik dat leerlinge by verskillende werkstasies was, en dat die swart leerling ook ‘n kans gehad het om te speel as ‘n veearts, en ‘n dokter. Volgens hulle sal daar nie teen die skool opgetree word nie, omdat die skool, volgens die departement ‘n “oordeelsfouT” begaan het.
Daar is net nie ‘n foto daarvan geneem nie.
Die ouer van die swart kind het ook die skool verdedig.