Ondertekening om Orania as onafhanklik te verklaar, uitgestel


Luister nou

Volgende

Ondertekening om Orania as onafhanklik te verklaar, uitgestel

24 Junie 2024

Die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) sê dat die ondertekening van sy ooreenkoms met die Noord-Kaapse regering uitgestel is.

Dit kom nadat die VF Plus vroeër ‘n voorstel by die ANC in die Noord-Kaap ingedien het vir die party om Orania se onafhanklikheid te erken. Na afloop van die verkiesing het die ANC, wat nie ‘n meerderheid in dié provinsie kon behaal nie, besluit om saam met die VF Plus te werk.

Die ANC sê hulle het die Nasionale Regering geraadpleeg oor die VF Plus se versoek.

Volgens die voorsitter van die OVR, Riaan Jacobs is die proses vertraag weens die vorming van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) wat tans uitdagings oplewer. “Enige provinsiale ooreenkomste kan eers hanteer word na die afhandeling van nasionale kwessies.”

Jacobs meen anduidings is nie dat die ANC of die regering wil teruggaan op hulle woord nie, maar dat dit ‘n kwessie van tydsberekening is.

“Dit bly egter belangrik om te beklemtoon dat Orania se sterkste aanspraak lê in die onmiskenbare werklikheid wat ons is en dat erkenning nie sal kan uitbly as ons van krag tot krag bly gaan nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Ondertekening om Orania as onafhanklik te verklaar, uitgestel


Luister nou

Volgende