14 September 2023
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi sê die kommissie van ondersoek wat op die been gebring is om die Marshalltown brand in Johannesburg te ondersoek, het ten doel om politieke inmenging met die ondersoek uit te skakel.
Lesufi het gister aangekondig dat die kommissie op 1 Oktober met sy werk sal begin.
Dit volg nadat ‘n gekaapte gebou in die Johannesburgse middestad, wat aan die Johannesburg-metro behoort, aan die einde van verlede maand vlamgevat het.
77 mense het as gevolg van dié voorval omgekom.
Lesufi sê die regering het op die kommissie van ondersoek besluit, om enige politieke verteenwoordiging uit die weg te ruim.
Hy sê ander instellings, soos parlementere komitees het te veel politieke verteenwoordigers.
