Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Ondersoek na George-bouramp dui op ernstige onreëlmatighede

‘n Forensiese ondersoek deur ‘n diensverskaffer, het bevind dat verskeie faktore moontlik kon gelei het tot die ineenstorting van ‘n halfvoltooiide woonstelblok in George in Mei verlede jaar.

34 konstruksiewerkers is dood toe die halfvoltooiide, vyfverdieping woonstel-gebou op 6 Mei 2024 ineengestort het. Daar was 62 mense op die toneel.

Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, het vanoggend die verslag van die Nasionale Huisbouers-registrasieraad (NHBRC) se ondersoek oor die George-bouramp bekend gemaak. Volgens Simelane is dit vir die regering belangrik om die verslag bekend te maak vir deursigtigheid, en meen die voorval is in die openbare belang.

LEES OOK: George-tragedie: Nog een persoon dood

Van die bevindinge was dat daar onreëlmatighede was tydens die huisbouersertifisering- en huisbouer-graderingsproses. Die konstruksiemaatskappy het ingevolge die NHBRC se regulasies nie in sy registrasie aangedui dat hy ‘n veelvuldige verdieping-gebou beplan nie.

Die aansoekvorms van die werkers is eers op 11 Julie 2023 gefinaliseer hoewel die bouwerk geskeduleer was om reeds op 19 Junie 2023 te begin. Daar was verder ook nie voldoende inspeksies nie, met van die inspeksie-verslae wat eenhede ingesluit het wat nog nie voltooi was nie.

Ook die bevoegdheid van sommige van die konstruksiewerkers was, luidens die verslag, ook nie op standaard nie. Die George-plaaslike munisipaliteit het die gebou se bouplanne goedgekeur eers nadat die bouwerk alreeds begin het.

LEES OOK: George-tragedie plaas die kalklig op konstruksiebedryf, sê minister

Die aanbevelings sluit in dat die NHBRC se registasieproses hersien moet word, en dat ‘n span aangestel moet word om dié proses te moniteer. ‘n Volledige proses moet ook gevolg word om seker te maak dat werkers die voldoende vaardighede het.

Die ondersoeker het verder aanbeveel dat klagtes van onder meer pligversuim, wangedrag, en oneerlikheid teen die betrokke maatskappy en ander rolspelers aanhangig gemaak word.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende