Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Ondersoek begin ná pasgetroudes glo in huis doodskok

14 Junie 2021

Die Johannesburgse kragverskaffer, City Power het met ‘n dringende ondersoek begin te midde van bewerings dat ‘n pasgetroude paartjie dood is weens ‘n elektriese fout.

Die liggame van die 28-jarige Zaheer Sarang en sy 24-jarige vrou, Nabeelah Khan is gistermiddag in hulle huis in Crosby, Johannesburg gevind – ‘n dag nadat hulle van hulle wittebrood teruggekeer het. Hulle is twee weke gelede getroud.

Die uitvoerende hoof van City Power, Mongezi Ntsokolo het opdrag gegee dat dié voorval so gou moontlik ondersoek moet word. Berigte dui daarop dat ‘n foutiewe kragkabel verantwoordelik was vir die voorval.

Volgens berigte is Khan doodgeskok toe sy aan ‘n kraan in die stort geraak het. Haar man is dood toe hy glo na die stort gehaas het om sy vrou te probeer red.

Intussen sê die polisiewoordvoerder, kaptein Mavela Masondo dat ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen word. Hy sê die polisie wag nou op die uitslae van ‘n nadoodse-ondersoek.

‘n Gemeenskapsaktivis in dié gebied. Aziz Ally meen kragonderbrekings is ‘n voortslepende probleem in die omgewing en meen talle inwoners het al van te vore gekla dat hulle krane hulle skok.

Hy meen dit is hartseer dat só ‘n tragedie eers moet gebeur voordat die owerhede reageer.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende